Het jy geweet dat jy 'n mandjie
vol boeke, e-boeke, cd's en kaartjies kan koop en elke item na
'n ander adres of e-posadres kan stuur?
Om kaartjies of geskenke te stuur
was nog nooit so maklik nie!
Hoe om hierdie webwerf te gebruik.
As jy hierdie virtuele winkel betree dan kry jy
outomaties 'n mandjie waarin jy jou aankope moet plaas.
Jy kan soveel aankoop soos jou begroting toelaat.
Met elke item wat jy koop moet jy die ontvanger se gegewens spesifiseer,
sodat ons kan weet waarheen die betrokke item gestuur moet word.
Die stelsel sal raai wat jy wou invoeg. As dit verkeerd is, moet
jy dit uitvee en die regte inligting verskaf.
Indien jy 'n groetekaartjie koop, kan jy boonop
nog jou eie byskrif in die kaartjie byvoeg.
Gebruik hierdie webwerf om vir vriende, familie
of jou baas 'n kaartjie, e-boek, boek of CD te stuur. Dink net
aan al die tyd en kostes wat jy spaar deur jou geskenke sommer
hier te koop. Laat ons die aflewering vir jou doen.
Ons diens is gewaarborg.
As jy voel dat jy al jou aankope vir die dag gedoen
het, kan jy net op "Besigtig jou mandjie" (regs
bo-aan die bladsy) klik wat vir jou sal aandui wat jy alles in
jou mandjie het, en wat die kostes daarvan is. Jy kan van die items
weer uit jou mandjie verwyder as jy regtig wil.
As jy tevrede is met jou aankope, klik dan net "Plaas
bestelling" in die mandjie-bladsy. Die bestelling word dan
onmiddellik na die Afrikaanse Nuusagentskap deurgestuur. LW! jou
mandjie word dan leeggemaak om te verhoed dat die bestelling dalk
twee keer na mekaar geplaas word.
Jy kan nou of mbv jou kredietkaart of dmv 'n bank-inbetaling
betaal. Ons gebruik Netcash se veilige aanlynbetalings om die kredietkaarttransaksies
te hanteer.
Ons moet egter eers weet wie jy is, daarom is daar
'n vorm om te voltooi. Indien jy egter 'n lid van die boekklub
is, sal die vorm outomaties vir jou ingevul word.
Indien jy van die bank-inbetalingsopsie gebruik
maak, moet jy asb net die bewys van inbetaling met die transaksienommer
na ons faks by 011 749 7323.
Indien 'n kredietkaarttransaksie sou
faal of jy kanselleer die transaksie deur op "Cancel" by
Netcash te klik, sal die transaksie outomaties uit die Afrikaanse
Nuusagentskap se databasis verwyder word en die inligting na
jou mandjie oorgedra word sodat jou mandjie weer in sy oorspronklike
staat herstel is.
Iets wat baie belangrik is. Die Afrikaanse
Nuusagentskap se webwerf is op die wêreldwye web (vergelyk dit
met 'n winkel langs die straat). Mense kan in- en uit loop, boeke
besigtig, ens. Netcash is egter 'n beveiligde transaksie-omgewing
(soos 'n bank). Wanneer jy dus op die Netcash-stelsel ingaan beland
jy in 'n veilige omgewing. Nadat die transaksie afgehandel is,
beweeg jy weer na die straat. Netcash sal vir jou waarsku dat jy
die veilige omgewing verlaat. Moet dus asb nie vir die boodskap
skrik en jou rekenaar summier afskakel nie. Aanvaar asb die boodskap
sodat jy weer by die Afrikaanse Nuusagentskap op die straat kan
uitkom en ons die res van die formaliteite kan afhandel - dit geskied
outomaties wanneer jy vanaf Netcash op die webwerf terugkeer. Die
stelsel verrig dan 'n paar aktiwiteite soos om die skakels na die
e-boeke vir jou te stuur.
Hoe word ek 'n lid van die boekklub? Klik hier.
Lys van boeke by die Afrikaanse Nuusagentskap. |