Hieronder is 'n verskeidenheid van moontlike kaartjie bewoordings. Gebruik kopieer (copy) en plak (paste) om dit in die aangeduide ruimte in die vorm in te voeg.

Verjaardag – Vrou
Verjaardag – Man
Verjaardag – Ma
Verjaardag – Pa
Verjaardag – Suster
Verjaardag – Broer
Verjaardag – Seun
Verjaardag – Dogter
Verjaardag – Kleinkinders
Verjaardag – Iemand spesiaal
Verjaardag – Kort en snaaks

Verjaardag – Vrou

  1. Jy is die hart van hierdie dag, (naam).  Jy is ook die middelpunt van my wêreld.  Gelukkige verjaardag met liefde.
  1. Aan my pragtige vrou, (naam).  Ek is elke dag meer en meer lief vir jou!  Gelukkige verjaardag.
  1. Met liefde aan my vrou, (naam), op jou verjaardag.  Jy het my lewe verander en my gehelp om te sien hoe wonderlik die liefde kan wees…  Jy het my lewe verander en daarom hoop ek jy weet dat ek jou liewer het as wat woorde ooit kan beskryf.
  1. Gelukkige verjaardag aan my pragtige vrou, (naam).  Het ek onlangs vir jou gesê hoe dankbaar ek is om jou as my vrou te hê?  Het ek al vir jou gesê hoe spesiaal jy is, hoe trots ek op jou is en hoe lief ek vir jou is?  As ek al hierdie dinge nog nooit vir jou gesê het met woorde nie, hoop ek jy weet dit in elk geval.  Ek het jou liewer as wat woorde ooit kan beskryf.
  1. Aan my liefdevolle vrou, (naam), op jou verjaardag.  Met die beste wense, spesiale gedagtes, en baie trots, want dit is jou verjaardag, en omdat ek lief is vir jou!
  1. Gelukkige verjaardag aan my vrou, (naam).  Jy het my hart aangeraak en my hart sê:  “Dankie”.  Jy het my siel aangeraak en my siel sê:  “Dankie”.  Jy het my lyf aangeraak en my lyf sê…  “Doen dit weer!”
  1. Aan my dierbare vrou, (naam).  Om jou verjaardag te vier, dink ek moet ons heeldag lê en TV kyk en popcorn eet.  Of, as jy wil, kan ons vir ‘n verandering iets anders doen!
  1. Ek het jou lief, (naam)!  Dis bietjie moeilik om te weet wat ‘n wonderlike vrou soos jy vir haar verjaardag wil hê.  Maar as jy in gedagte het wat ek in gedagte het, gee ek gladnie om nie!  Gelukkige verjaardag my skat.
  1. Aan my vrou.  Ek het vir jou twee verrassings op jou verjaardag.  1.  Ek gaan jou in die bed laat bly vir so lank as wat jy wil. 2.  Ek gaan ook daar bly!
  1. Aan my vrou (naam).  Dis jou verjaardag, en ek wil net sê…  Sit nou neer die kaartjie en kom gee my ‘n soen!
  1. Met liefde aan my vrou, (naam).  Gelukkige verjaardag aan die vrou wat elke dag vir my spesiaal maak…  Die vrou vir wie ek altyd sal lief wees.
  1. Met al my liefde aan my vrou(naam).  Ek sou vir jou die wêreld as geskenk gegee het as ek kon.  In die plek daarvan, gee ek jou alles wat myne is…  My drome, my verwagtinge en my liefde – altyd my liefde.

  2. Aan my vrou, (naam).  Party dinge het nie nodig om gesê te word nie – selfs op verjaardae.  Party dinge weet ons net, diep in ons harte, maar ek wil net weer vir jou sê dat ek jou ongelooflik lief het.  Gelukkige verjaardag.
  1. Met liefde aan my vrou, (naam).  Ek wonder hoekom sukkel ek partykeer om iets te sê.  Wanneer ek uiteindelik die woorde vind, is die perfekte tyd om dit te sê al lankal verby.  Gelukkige verjaardag met al my liefde.
  1. Met al my liefde aan my wonderlike vrou, (naam).  Ek is bly dat jy altyd daar is om met jou te gesels wanneer die dag bietjie donker lyk, want jy verstaan alles wat ek doen en sê…  Ek is bly jy is altyd daar om saam met my te lag oor gewone dinge, jy wys altyd die spesiale dinge in die lewe aan my uit.  Ek is bly dat ek saam met jou kan wees en ek dink dit is nou die tyd om vir jou te sê hoe gelukkig jy my maak en hoe dankbaar ek is dat jy daar is vir my.  Ek is lief vir jou vir alles wat jy vir my doen, dat jy vir my omgee.  Ek is lief vir jou vir alles wat jy is – my lewe, my liefde, my alles!  Gelukkige verjaardag.
  1. Aan my vrou, (naam).  Dit is ‘n fees om my lewe met jou te deel.  Die vreugdes van die lewe te deel met iemand so spesiaal soos jy.  Die goeie tye en die slegtes, die gelukkige tye en die hartseer dae, die probleme en die prestasies.  Dit is so lekker om jou drome te deel, met ‘n liefde wat ek en jy altwee weet, elke dag net sterker en sterker word!
  1. Gelukkige verjaardag (naam)!  Ek het jou lief van kop tot tone!  Ja, selfs jou heupe wat jy dink is so breed!
  1. (Naam), elke keer wat ek my oë toemaak, sien ek ons twee saam.  So, die volgende keer wat ek op die bank aan die slaap raak, moet ons asseblief nie pla nie!  Gelukkige verjaardag.
  1. Om te dink, ons twee was elkeen op ons eie lewenspaadjie en toe besluit iemand daar Bo…  “Daardie twee maltrappe verdien mekaar!”  Gelukkige verjaardag met al my liefde.

 

Verjaardag – Man

  1. (Naam),  jou verjaardag is die perfekte tyd om daardie drie klein woordjies in jou oor te fluister…  Jou kredietkaart asseblief!
  1. Gelukkige verjaardag aan my man, (naam) – die man van die dag, die week, die maand, die jaar, die dekade, die eeu!
  1. Gelukkige verjaardag my man!!!  My gunsteling ou beertjie!
  1. (Naam), ek het alles wat ek nodig het om gelukkig te wees…  Ek het ‘n wonderlike man – jy!  Gelukkige verjaardag my engel.
  1. Op jou verjaardag, (naam), omdat jy so ‘n wonderlike man is.  Ons het baie hard gewerk om te kom waar ons vandag is.  Ons het mekaar ondersteun deur goeie en slegte tye.  Ons het in baie opsigte soveel gegroei – meeste van alles, in liefde.  Ek wens jou geluk vir vandag en altyd. 
  1. Aan my man, (naam), van die twee van ons…  Oops!  Het ek jou nog nie gesê nie?  Gelukkige verjaardag my skat!
  1. Gelukkige verjaardag aan my man, (naam), die man wat alles het.  Jy is immers met my getroud!
  1. Gelukkige verjaardag aan my man, (naam).  Ek is mal oor jou oë, jou neus, jou lippe ensovoorts…  Die hele jy!
  1. Aan my man, (naam), op jou verjaardag.  Kom ons speel vanaand ‘n raai-raai speletjie.  So, watter kanaal wil jy eerste kyk?
  1. Gelukkige verjaardag aan my man (naam), ‘n ou man wat nog vinnig kan beweeg…  Van kanaal na kanaal na kanaal…
  1. Aan my man, (naam), met liefde.  Mag al jou drome waar word…  Op jou verjaardag en altyd!  Gelukkige verjaardag. 
  1. Aan my man, (naam).  Gelukkige verjaardag aan die spesiale man wat die sonskyn in my lewe is.  Wat daardie sagte plekkie in my hart gesteel het.  Al my liefde altyd.
  1. Aan my man, (naam).  Jou verjaardag het vir my spesiale betekenis.  Ek is so bly daar is iemand soos jy in my lewe!  Ek het jou lief!
  1. Aan my man, (naam), met liefde.  Wat is ‘n man?  ‘n Man is iemand van wie jy werklik hou, vir wie jy werklik lief is…  Sy glimlag laat jou saam glimlag, sy teenwoordigheid beur jou op maak nie saak wat verkeerd gaan nie.  ‘n Man is ‘n spesiale iemand wat jou drome met jou deel en help om hulle te bewaarheid.  Hy gee spesiale betekenis aan die pragtige woord “saamwees”.  Ek is lief vir jou vir alles wat jy is, vir alles wat jy altyd vir my sal wees.  Ek is so bly ons spandeer ‘n lewe saam!  Gelukkige verjaardag.
  1. Gelukkige verjaardag aan my man, (naam).  Baie dinge verander met tyd en baie dinge verloor waarde, maar liefde is ‘n kosbare geskenk wat geen prys het nie.  Tyd kan die manier verander hoe ons lewe – ons drome, ons toekomsplanne, maar dit kan nooit my liefde vir jou verander wat altyd in my hart is nie…  Dit kan ook nie die wense verander wat ek elke dag vir jou het vir die geluk en seëninge wat elke jaar vir jou mag bring nie.
  1. Aan (naam), my man, my beste vriend, my geliefde.  Jy is die een wat my nog altyd nodig gehad het, wat nog altyd in my geglo het, wat my nog altyd gehelp het om te sien hoe wonderlik die lewe kan wees – my man, my vriend.  Saam het ons soveel ontdek, meer as waarvoor ons gehoop het – my man, my vriend, my geliefde…  Vir al die spesiale dinge wat jy doen, die manier hoe ek verander het en gegroei het saam met jou, sal ek vir ewig vir jou lief wees – my man, my vriend, my geliefde.  Gelukkige verjaardag.
  1. (Naam)… Jy is die mees aantreklikste, snaakse, romantiese persoon in die wêreld!  Maar dis eers na 8 in die oggend.  Gelukkige verjaardag my skat!
  1. Ek het jou lief, (naam), regtig…  Dink jy ek sou al jou nukke verdra het as ek nie was nie?  Gelukkige verjaardag met liefde.
  1. Partykeer vergeet ek om vir jou te sê:  “Kom ons gaan eet by ‘n restaurant vanaand!”.  Maar dit is altyd in my gedagtes.  O, en gelukkige verjaardag!

 

Verjaardag – Ma

  1. Van jou dogter (naam).  Dit is jou verjaardag, Ma, en ek wil hê Ma moet agteroor sit, voete oplig en die dag terdeë geniet…  Want môre is dit nie meer Ma se verjaardag nie, maar ek sal nog steeds Ma se kind wees.  Ha ha ha!  Gelukkige verjaardag, Ma!
  1. Gelukkige verjaardag, Ma!  Ma lyk jonger as al my vriende se ma’s!  En na dit, sal ‘n geskenk nie bietjie van ‘n anti-klimaks wees nie?
  1. Gelukkige verjaardag van Ma se kind (naam).  Ek is Ma s’n!  Net Ma s’n!  Dit prikkel ‘n bietjie daardie senuwees, nê?
  1. Gelukkige verjaardag aan Ma van (naam).  Ek wou net sê dankie vir alles…  Ook dat Ma nie die slotte verander het toe ek laat uitgebly het nie!
  1. ‘n Verjaardagwens van (naam).  Ma, ek hoop Ma se verjaardag is spesiaal…  Net soos Ma!
  1. Op Ma se verjaardag, met liefde van (naam).  Ek kon Ma nie kies vir ‘n Ma nie, maar as ek kon, dan sou ek!  Geluk met Ma se verjaardag!
  1. Gelukkige verjaardag aan ‘n baie spesiale Ma.  En dankie vir ‘n leeftyd se liefde, omgee en mededeelsaamheid.
  1. Sien Ma hierdie spesiale verjaardag drukkie?  Dis net vir Ma.  Van my!
  1. ‘n Verjaardagwens vir Ma, van (naam).  Daar is nêrens ‘n wens wat meer liefdevol en eerbaar is as hierdie een vir Ma nie.  Wanneer Ma se spesiale dag hier is…  vandag, môre en altyd, mag Ma se drome waar word soos hulle moet vir enige ma so wonderlik soos Ma.  Gelukkige verjaardag!
  1. Met liefde, Ma, van (naam).  Op Ma se verjaardag.  Die dankies wat dikwels nie gesê word nie, die liefde wat baie min gewys word, die trots wat ek voel soos die dae verbygaan…  Dit alles kom vandag saam met hierdie kaartjie en, daar is altyd iets meer – ‘n Spesiale wens vir alles waarvoor Ma nog altyd gehoop het!
  1. Gelukkige verjaardag, Ma, van (naam)…  Toe ek ‘n klein seuntjie/dogtertjie was, het ek gedink Ma is die beste ma in die hele wêreld.  Ek dink nog steeds so!
  1. Op Ma se verjaardag.  Met liefde van (naam).  Dink aan Ma met baie liefde en baie spesiale herinneringe ook, aan al die spesiale eienskappe wat hierdie wonderlike Ma uitmaak!  Ma moet ‘n wonderlike dag hê.
  1. Spesiaal vir Ma, van (naam).  As ‘n bewys van liefde op Ma se verjaardag, gaan ek Ma se naam laat tattoo op my linker boud.  Ek het gedink dit sal ‘n lekker verandering wees as Ma ‘n pyn in my dinges is.  Lief vir Ma!  Gelukkige verjaardag.
  2. ‘n Verjaardag opstel deur (naam).  My ma is die beste.  Sy bak lekker koekies en is baie gaaf.  Ek is baie lief vir haar.  Nie sleg vir ‘n Universteitsgegradueerde nie, huh?  Gelukkige verjaardag Ma.
  1. Gelukkige verjaardag aan Ma van (naam)…  Van die kind waarsonder jou lewe baie leeg sal wees.
  1. Gelukkige verjaardag Ma van (naam).  Ma is soos al die beste ma’s in die wêreld saamgevat in een…  En Ma is nie eens vet nie!
  1. Gelukkige verjaardag van (naam) aan so ‘n fraaie ma…Ma laat Liewe Heksie bietjie bitsig lyk!
  1. ‘n Bietjie verjaardag advies van (naam):  Ma, moet vandag niks doen wat ek nie sal doen nie…  Soos:  Moenie die skottelgoed was nie,  moenie die matte stofsuig nie, moenie die meubels afstof nie, moenie die bed opmaak nie, moenie die vensters was nie…  Maar hê ‘n wonderlike verjaardag!
  1. ‘n Liefdevolle verjaardagwens vir my ma.  In die huis en in alles wat Ma doen, is ma ‘n sukses, in die volste sin van die woord, want, op een of ander manier, laat Ma alles mooi saam werk!  Gelukkige verjaardag!
  1. Gelukkige verjaardag, Ma!  Sien Ma-self as stukkend gedruk!
  1. Spesiaal vir Ma, van (naam).  Vir Ma se geduld, Ma se vriendelikheid, liefde en omgee.  En, wanneer ek Ma nodig het, dat Ma altyd daar is vir my…  Ek is lief vir Ma.  Hê ‘n baie gelukkige verjaardag.
  1. Ma, hier is dit nou, ‘n verjaardagkaartjie van (naam)!  Nou is Ma se verjaardag perfek.  Hê ‘n wonderlike verjaardag.
  1. Gelukkige verjaardag van Ma se liefdevolle seun/dogter, (naam).  Ma, jy word ouer, maar jy kan nie beter word nie…  Ma is alreeds die beste!
  1. Hoe sê ek Gelukkige verjaardag aan ‘n ma wat altyd daar was – deur al die goeie tye, al die slegte tye, al die gelukkige tye en al die hartseer tye?  Ek is lief vir Ma!  Dis hoe!  O ja, Gelukkige verjaardag!

 

Verjaardag – Pa

  1. Aan ‘n fantastie se pa, met liefde van (naam).  Gelukkige verjaardag aan die persoon wat alles het om regtig ‘n great pa te wees!
  1. ‘n Spesiale verjaardagwens aan Pa van Pa se seun/dogter, (naam).  Ek hoop Pa se dag is gevul met liefde!  Gelukkige verjaardag, Pa.
  1. Gelukkige verjaardag met al my liefde van (naam).  Pa, jou verjaardag sal altyd vir my spesiaal wees…  Omdat Pa so spesiaal is!
  1. Gelukkige verjaardag aan Pa van (naam).  Ek kon ongelukkig nie genoeg kersies bymekaar kry nie.
  1. Gelukkige verjaardag van (naam).  Pa, jy word nie ouer nie!  Wel, eintlik word Pa ouer…  So hou op om jouself te bluf!
  1. Gelukkige verjaardag van (naam).  Vandag is Pa se verjaardag!  So, glimlag en wees gelukkig!  Môre kan Pa weer die oulike ou brompotjie wees wat ons ken en liefhet.
  1. Gelukkige verjaardag van Pa se lieflike dogter, (naam).  Pa weet, Pa lyk regtig baie goed…  Vir ‘n ou man!
  1. Wou net sê:  “Gelukkige verjaardag, Pa!” van (naam).  O, en dankie dat ek Pa se “weird” gene kon kry!
  1. Gelukkige verjaardag aan Pa van (naam).  Wanneer ek sê Pa is die beste pa wat ‘n kind ooit kan hê, trek ek nie Pa se been nie!  En ek trek definitief ook nie Pa se vinger nie!
  1. Gelukkige verjaardag aan Pa van (naam).  Ek wou vir Pa so ‘n regte manlike verjaardagkaartjie gee…  Maar ek kon nêrens in die deurmekaar garage bloudraad kry nie!
  1. Gelukkige verjaardag Pa van (naam).  Ek het Pa se oë, ek het Pa se neus, ek het Pa se lag, ek het Pa se hare…  Ek is seker Pa wil graag Pa se hare terughê vir ‘n verjaardaggeskenk!  Wel, tough luck!
  1. Gelukkige verjaardag aan Pa van (naam).  Wanneer ek groot is, wil ek net soos Pa wees.  Maar met meer hare!
  1. Gelukkige verjaardag aan ‘n spesiale pa van (naam).  Pa is altyd daar om handjie by te sit, om raad te gee, om te troos en moed in te praat en om te wys Pa gee om…  Pa is ‘n spesiale mens aan wie se liefde en omgee daar geen einde is nie.  ‘n Vriend vir altyd.  Met liefde en ‘n wens vir ‘n wonderlike dag!
  1. Spesiaal vir Pa.  Ek hoop Pa weet hoe baie Pa vir my beteken.  Al lyk dit nie altyd of ek Pa waardeer nie, voel ek altyd trots as ek aan Pa dink.  En as ek dink aan alles wat Pa vir my doen, dan besef ek hoe belangrik Pa eintlik in my lewe is.  Dankie, Pa, en gelukkige verjaardag.
  1. Dink aan Pa op Pa se verjaardag…  En ek hoop pa se dag is so geseënd, dat Pa sal glimlag as Pa net daaraan dink!
  1. Hey, Pa – wat noem jy iemand wat die wêreld dink van……  MY!  Gelukkige verjaardag, Pa!
  1. Aan Pa, met liefde van (naam).  Op Pa se verjaardag.  Pa se verjaardag is ‘n wonderlike tyd en ek wil Pa net herinner aan my liefde vir Pa, elke dag van die jaar.  Gelukkige verjaardag.
  1. Liefdevolle wense, Pa, van (naam).  Op Pa se verjaardag.  Ek sê dit nie altyd nie en wys dit ook maar min, maar teen hierdie tyd weet Pa sekerlik al dat Pa bewonder word,  dat Pa baie geliefd is en dat die beste dinge in die lewe Pa toegewens word!  Gelukkige verjaardag.
  1. Liefdevolle wense, Pa, van (naam).  Ek praat nie dikwels oor wat in my binneste aangaan nie – hoe ek Pa bewonder met soveel liefde en trots…  Maar Pa is die tipe pa wat so spesiaal is as wat ‘n mens kan wees, en ek hoop Pa verstaan altyd hoe baie Pa vir my beteken.
  1. Verjaardagwense van (naam).  Pa, ek het Pa nie gekies vir ‘n pa nie…  Maar as ek kon, dan sou ek!
  1. Van (naam).  Verouder?  Nonsens!  Nie my Pa nie!  Laat ek so sê…  “Die toekoms is net baie nader as wat dit was!!”
  1. Gelukkige verjaardag van (naam).  Aan Pa, ‘n man wat wonderlik, liefdevol, goedhartig en talentvol is.  Nou toe – is dit nou nie beter as ‘n geskenk nie?
  1. Aan Pa van (naam).  Pa verdien baie meer as net ‘n kaartjie op Pa se verjaardag.  Ek hoop Ma het vir Pa ‘n geskenk gekoop.
  1. Gelukkige verjaardag van (naam), aan Pa, ‘n nuwe millennium tipe ou…  Maar eintlik weet ek nie wat om verder daaroor te sê nie.  Geniet Pa se verjaardag!
  1. Gelukkige verjaardag van (naam).  Pa, dis jou dag!  Ontspan en doen vandag alles waarvan Pa gehou het toe Pa nog ‘n kind was.  Gaan vang vis, speel met ‘n vlieër…  Gaan jag ‘n dinosourus!
  1. Gelukkige verjaardag van (naam), aan ‘n Pa wat soveel styl het.  Ons het so baie in gemeen!.    

 

Verjaardag  – Suster

  1. Gelukkige verjaardag aan my suster, (naam).  Almal is aangenaam verras dat jy so vroulik uitgedraai het.  Jy sweet nie juis nie en jy snork nie baie hard nie.  Goed gedoen, Sus!
  1. Gelukkige verjaardag aan (naam) van jou gunsteling suster, (naam).  Ek wil hê jy moet weet dat jy meer as net ‘n suster is – ‘n Vriendin wat net soos Ma lyk!
  1. Gelukkige verjaardag aan (naam) van jou ewig-liewende broer/suster.  Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir jou te sê hoe liefdevol, besorgd en sensitief ek dink jy kan wees.  Net soos die mense by wie ons jou gekoop het!
  1. Dis jou verjaardag.  Probeer asseblief om baie koek by jou partytjie te hê.  Gelukkige verjaardag Sus!
  1. Gelukkige verjaardag, (naam)!  Dis jou verjaardag, en elke nou en dan raak ek maar so sentimenteel.  Dit maak mens bang nê?
  1. Dis jou verjaardag, (naam), en ek wil net sê dis lekker om so ‘n oulike suster soos jy te hê!  Gelukkige verjaardag.
  1. ‘n Verjaardagwens, (naam).  Mag die res van jou lewe, die beste tyd van jou lewe wees.  Gelukkige verjaardag, Sus.
  1. Jy is ‘n spesiale suster.  Mag jou verjaardag gevul wees met liefde en mooi herinneringe om altyd te bewaar.  Gelukkige verjaardag.
  1. Met liefde aan my suster van (naam).  Elke verjaardag maak jou net meer en meer spesiaal!  Geniet jou dag.
  1. ‘n Verjaardagwens vir my suster, (naam).  Susters deel sappige geheime.  Susters dink altyd terug aan die verlede.  Susters  giggel altyd op die regte tyd en susters vertel mekaar dinge soos dit is.  Net soos ons!  Gelukkige verjaardag.
  1. Gelukkige verjaardag aan my wonderlike suster, (naam).  Jy het ‘n manier om die klein dingetjies te onthou wat die meeste beteken.  Jy het ‘n manier om die beste uit te bring uit mense.  Dit is waarom jy meer vir my beteken as wat jy besef – op jou verjaardag en altyd.
  1. Gelukkige verjaardag (naam)!  Jy vier die lewe elke dag met die opregte manier waarop jy elke oomblik aangryp.  Ek wonder of jy besef watter inspirasie jy altyd is….  Jy is ‘n ongelooflike suster.  Ek hoop jou verjaardag is net so spesiaal soos jy!
  1. ‘n Bietjie verjaardag advies vir ‘n spesiale suster, (naam).  Eet, drink en wees simpel!  Dit is ‘n (van) familie tradisie!
  1. Aan my suster (naam) op jou verjaardag.  Hier is ‘n lys van jou bates:  1.  Jy het goeie gesondheid, 2.  Jy is mooi.  Wel, twee is seker nie te sleg nie!
  1. Gelukkige verjaardag aan my suster (naam).  Behalwe vir ‘n paar foute, is jy ‘n oulike suster.  Ek kan jou nou al hoor:  “Watse foute?!”
  1. Gelukkige verjaardag aan (naam), die suster wat altyd daar is om vir my ‘n liedjie te sing as dinge skeef loop.  Hoekom sing jy nou eintlik?
  1. Susters is beste vriendinne, niemand kan tussen hulle kom nie.  Maar geen suster is so wonderlik , mooi en oulik soos jy nie.  So, op jou verjaardag, (naam), probeer om nie so katterig te wees nie!
  1. (Naam), omdat jy my suster is, verdien jy ‘n spesiale verjaardagkaartjie!  So, ek het self een gemaak.
  1. Jy is my suster, (naam), en jy beteken so baie vir my.  Dit neem somtyds jare om te verstaan wat dit regtig beteken om ‘n suster te hê.  Toe ons jonger was, was jy “my suster”, maar nou besef ek hoe spesiaal jy regtig is en ek hoop jy weet dat min dinge in die lewe ooit vir my so baie sal beteken as om ‘n suster soos jy te hê.
  1. Aan my fantastiese suster, (naam).  Jy is ‘n baie spesiale suster.  Dankie dat jy mý suster is!  Ek hoop jy het ‘n baie gelukkige verjaardag.
  1. Jy is ‘n baie spesiale suster, (naam).  Ek moet dit meer vir jou sê, maar dit is mos my gewoonte om te hoop dat jy al die mooi dinge wat ek kan sê, reeds weet…  So, jy moet ‘n heerlike dag hê en onthou, jy is ‘n baie spesiale suster en ek dink die wêreld van jou!  Gelukkige verjaardag.
  1. ‘n Verjaardag skoonheidsgeheim vir my suster, (naam).  Indien jy jou borsmaat wil vergroot, neem ‘n stukkie toiletpapier en vryf dit tussen jou borste…  Hey, moenie lag nie.  Dit het gewerk vir jou agterstewe het dit nie?
  1. Aan (naam), ‘n wonderlike suster.  Ek hoop al jou drome word waar.  Gelukkige verjaardag.
  1. Aan (naam) op jou verjaardag.  Hierdie is ‘n ekstra spesiale verjaardagkaartjie…  Want dit is vir ‘n ekstra spesiale suster!  Gelukkige verjaardag.
  1. Aan my suster, (naam).  Die dag toe jy gebore is het ‘n snaakse ding gebeur.  Die wêreld het ‘n beter plek geword!  Gelukkige verjaardag.
  1. ‘n Suster soos jy, (naam), Is ‘n geskenk van bo…  Jy is selfs beter as die hondjie wat ek nog altyd wou gehad het!  Gelukkige verjaardag sus!
  1. (Naam), partykeer is jy so oulik as kan kom.  Partykeer is jy ‘n regte terggees…  Maar, maak nie saak wat jy doen nie, dis altyd wonderlik om ‘n suster soos jy te hê.  Gelukkige verjaardag met liefde.
  1. Aan my suster (naam).  Die verjaardagjare word net meer en meer – maar so what…  Kom ons hou net op tel!  Gelukkige verjaardag.


Verjaardag – Broer

  1. Op jou verjaardag, (naam), dink ek aan die goeie tye wat ons saam spandeer het.  En ek dink hoe gelukkig ek is om jou vir ‘n broer te hê.  Gelukkige verjaardag!
  1. Gelukkige verjaardag, (naam).  Dis wonderlik om ‘n broer soos jy te hê…  ‘n Goeie vriend, ‘n great ou en ‘n wonderlike broer.  Gelukkige verjaardag met liefde.
  1. Jy is ‘n spesiale broer, (naam).  Mag jou verjaardag  alles wees waarvan jy gedroom het.
  1. Gelukkige verjaardag aan my broer, (naam).  Ek wou vir jou ‘n kaartjie gee wat jou intelligensie weerspieël…  Maar hulle almal het woorde in gehad.  Moenie bekommerd wees nie, ek sal later vir jou lees wat hier staan.
  1. ‘n Verjaardagwens vir my liewe broer, (naam).  Vat bietjie tyd op jou verjaardag, en vier die eenvoudige dinge in die lewe.  Soos byvoorbeeld jouself!
  1. Ek hoop jy het ‘n wonderlike verjaardag, boetie!  (Naam), partykeer wanneer ons stilsit, kyk ek na jou en dink…  “Dankie tog ons is nie ‘n tweeling nie!”
  1. Dis jou verjaardag, (naam), so ek gaan jou ‘n geheim vertel wat Ma vir my vertel het.  Die groot verskil tussen ons twee is dat jy baie meer aktief was toe jy ‘n baba was…    En het meer gereeld op jou kop geval…  Gelukkige verjaardag boetie!
  1. Diep in my hart, (naam), wanneer alles oor en verby is, en wanneer dit kom by die punt waar ek vir jou moet sê hoe ek voel, is daar eintlik net een ding om te sê…  “Jy ruik snaaks.”  Gelukkige verjaardag aan my atleet-boetie.
  1. Dis jou verjaardag, (naam)!  Vier die lewe.  Praat met ‘n skoenlapper.  Speel in die wind.  Gee ‘n sonstraal ‘n drukkie…  of ons kan net ‘n pak koekies opeet en vergeet van al hierdie nuwerwetse nonsens.  Geniet jou verjaardag, broer.
  1. (Naam), jy verdien ‘n wonderlike verjaardag, want jy is ‘n wonderlike ou.  Ek dink die beste, mees sinvolle ding wat ek vir jou kan wens, is dieselfde geluk wat jou ondersteuning en liefde aan my gebring het oor die jare.  Gelukkige verjaardag, boetie!
  1. Gelukkige verjaardag aan my broer, (naam).  Elke verjaardag is ‘n nuwe begin.  Lewe voluit!  Mag die jaar vorentoe vol geluk wees!
  1. Gelukkige verjaardag aan (naam), ‘n wonderlike broer.  Ek kan net nie jou verjaardag laat verby gaan sonder om vir jou te sê hoe geliefd jy is nie…  En hoe baie geluk ek jou toewens nie.
  1. (Naam), ‘n broer soos jy behoort iets ongewoon te doen op jou verjaardag!  Die res van die familie dink in elk geval jy is mal, so jy kan dit netsowel as ‘n verskoning gebruik om bietjie fun te hê!

  2. Gelukkige verjaardag aan my broer, (naam), wat geen vreemdeling is nie!  Nie vreemder as die res van die (Van) familie nie!
  1. Gelukkige verjaardag aan my broer, (naam).  Ek het daaraan gedink om vir jou iets nice te kry vir jou verjaardag, toe onthou ek…  Dis net jy!  Is ek nou simpel of wat?!
  1. Gelukkige verjaardag aan (Naam), ‘n broer wat weet hoe om die dames gelukkig te maak…  In jou geval, deur hulle te vermy.
  1. Gelukkige verjaardag aan my broer, (naam).  Ek is so lief vir jou!  Toemaar, amper glo ek ook myself!!!
  1. Gelukkige verjaardag aan my broer, (naam)…  Die mees fantastiese mens wat ek ken!  En as jy dink dit was moeilik vir my om dit te sê, dan is jy reg!  Die moeilikste deel is om ‘n ernstige gesig te hou terwyl ek dit sê!
  1. Aan my broer, (naam).  Dit was lekker om saam met iemand soos jy groot te word – iemand om op te steun, iemand om op te klik.  Gelukkige verjaardag. En dankie!
  1. Aan my broer, (naam), op sy verjaardag.  Onthou jy hoe ons altyd baklei het?  Wel, ek is bly ons is nou groot en het dit ontgroei…Al het ek die meeste fights gewen!  Gelukkige verjaardag in elk geval!
  1. Gelukkige verjaardag aan my broer, (naam)…  Ek kon nie ‘n beter broer as jy gekies het nie.
  1. Gelukkige verjaardag aan my broer, (naam)!  Die beste een van die werpsel!
  1. ‘n Verjaardaggedig vir my broer, (naam):  Miskien word jy oud, miskien nie, maar vir my sal jy altyd ‘n klein klikbek bly!
  1. Jy is ‘n wonderlike broer, (naam).  Ek wens jou net die beste toe want jy is een van die bestes!  Gelukkige verjaardag, geluk en sukses altyd.
  1. Spesiaal vir my broer, (naam), op sy verjaardag.  Ek bring vir jou beste wense, boetie.  Vir goeie gesondheid, goeie geluk en vrede.  Nie net vandag nie maar elke dag van die jaar!  Gelukkige verjaardag.
  1. Vir my broer, (naam).  Ek sê nie gereeld hierdie dinge vir jou nie, maar spesiale broers, is baie geliefd en word heel jaar aan gedink, net soos vandag!  Gelukkige verjaardag.
  1. Gelukkige verjaardag, (naam).  Ek weet nie wat ek gedoen het om ‘n broer soos jy te verdien nie…  Maar wat dit ookal was, Ek is jammer!  Ek is baie jammer!
  1. ‘n Bietjie raad vir my broer, (naam)…  Meisies hou nie van ouens wat heeldag TV kyk nie!  Gelukkige verjaardag!

  2. Gelukkige verjaardag, (naam)!  Ek kon nie vra vir ‘n beter broer nie!  Wel, ek kan, maar ek dink Ma is nou te oud.

 

Verjaardag - Seun

  1. Gelukkige verjaardag aan (naam), ‘n wonderlike seun.  Jy laat nooit na om ons te beïndruk nie!  Dit kom natuurlik van twee mense wat ook beïndruk was toe jy van die doeke afgegaan het.  Gelukkige verjaardag!
  1. Gelukkige verjaardag aan ‘n wonderlike seun.  Jy weet, (naam), dis moeilik om te glo dat jy ons seun is…  Ons is nie eens vir jou ‘n verleentheid nie!
  1. Gelukkige verjaardag, (naam).  Jy is ‘n seun wat nog altyd ons hoogste verwagtinge oortref het.  Ons het nooit gedink een persoon kan soveel gemors in ‘n kamer laat rondlê nie!
  1. Gelukkige verjaardag aan ons seun, (naam).  Ons wou net van hierdie geleentheid gebruik maak om vir jou te sê hoe trots ons op jou is en hoeveel jy vir ons beteken…  So, op hierdie speisale dag, laat ons toe om te sê:  Gelukkige verjaardag, (naam)!  Ons is baie lief vir jou!  Moet nou net nie grootkop kry nie.  Jy kan partykeer ‘n regte kopseer wees.
  1. (Naam), as daar ‘n katalogus was waaruit ons enige seun in die wêreld kon kies, sou die perfekte seuns dalk buite ons prysklas gewees het.  Ons maak net ‘n grappie!  Gelukkige verjaardag.
  1. (Naam), partykeer is dit moeilik om te glo jy is my seun…  Jy het nog nie naastenby soveel droog gemaak soos ek op jou ouderdom nie!  Gelukkige verjaardag met liefde.
  1. Gelukkige verjaardag aan ‘n spesiale seun, (naam).  Jy is een van die mees talentvolle, liefdevolle, uitmuntende persone in die hele wêreld!  Oorerflikheid is ‘n wonderlike ding, is dit nie? 
  1. Gelukkige verjaardag aan ons seun, (naam).  Daar is mense wat glo daar is nie so iets soos die perfekte seun nie.  Maar, omdat jy familie is van ons, weet jy daar is wel so iets!
  1. Gelukkige verjaardag aan (naam), ‘n wonderlike seun.  Dit voel soos gister wat jy nog ‘n sorgelose, verspotte klein seuntjie was.  En nou, sê ek liewer niks nie!
  1. Gelukkige verjaardag aan my dierbare suen, (naam).  Jy het regtig aantreklik en slim en sommer net wonderlik geword!  Ek dink ‘n paar van my eienskappe is tog oorgedra na jou!
  1. Aan my dierbare seun, (naam), op jou verjaardag.  Jou verjaardag is ‘n dag wat net vir jou opsy gesit is – om jou toe te gooi met hope liefde.  Op my eie manier, doen ek dit natuurlik elke dag van die jaar.  Dit is miskien nie met geskenke en kaartjies of koeke en ballonne nie, maar dit beteken dieselfde.  Want in my hart, is die gevoel elke dag so sterk soos vandag – die gevoel dat jy ‘n baie besondere en spesiale persoon is en jy is ‘n wonderlike deel van my lewe.
  1. Gelukkige verjaardag, (naam).  Party seuns is spesiaal as gevolg van die dinge wat hulle doen, ander is spesiaal vir die vreugde wat hulle bring, ander seuns is spesiaal vir hulle goedhartigheid.  En dan is daar seuns wat so spesiaal is omdat hulle al hierdie dinge in een is – spesiale seuns soos jy!  Met liefde op jou verjaardag en altyd.
  1. Gelukkige verjaardag aan ‘n fantastiese seun!  (Naam), Die mooiste ding van ‘n kaartjie, is die persoon wat dit ontvang!  Soos hierdie een byvoorbeeld!
  1. Gelukkige verjaardag aan ‘n bekwame seun.  (Naam), jy is die soort persoon wat die wêreld ‘n beter plek maak vir almal wat jou ken!
  1. Gelukkige verjaardag aan ‘n aangename seun, (naam).  Vandag is jou verjaardag en ek hoop jou dag is van die begin af gevul met alles wat jou hart gelukkig maak…  Mag dit die begin van ‘n perfekte jaar wees waarin al jou drome waar word!
  1. Verjaardagwense vir ‘n aangename seun, (naam).  Jy het groot planne, groot drome en baie entoesiasme om van alles wat jy aanpak ‘n sukses te maak.  Hoop jou verjaardag is belaai met alles van die beste!
  1. Gelukkige verjaardag aan ‘n spesiale seun, (naam).  Verjaardae is bedoel om die lewe te vier…  En om elke oomblik daarvan te geniet!
  1. (Naam), jy het daardie spesiale iets wat van jou ‘n wonderlike seun maak…  Fantastiese ouers!  Gelukkige verjaardag.
  1. Dis jou verjaardag, (naam), geniet dit!  Maar jy beter vroeg by die huis wees!
  1. (Naam),  wees bly dis jou verjaardag…  Dis een van die min kere wat jy so baie aandag trek sonder om in groot moeilikheid te wees!
  1. Op jou verjaardag, (naam).  Daar word altyd aan jou gedink op ‘n spesiale manier.  Maar vandag dink ons aan jou met baie liefde…  Ons wens jou al die geluk in die wêreld en ons wil hê jy moet weet dat dit vir ons baie beteken om so ‘n wonderlike seun soos jy te hê.  Gelukkige verjaardag.
  1. Verjaardagwense vir ‘n dierbare seun, (naam).  Ons wens jou ‘n verjaardag wat deur en deur gelukkig is, wat gevul is met sorgelose ure en alles waarvan jy hou…  Ons hoop dit word gevolg deur dae wat jou net meer en meer geluk bring.  Hoop jy het ‘n wonderlike dag.
  1. ‘n Verjaardagwens vir ‘n dierbare seun.  Maak nie saak hoe jy jou dag deurbring nie, Ek hoop dit is ‘n wonderlike dag in alle opsigte.  Mag die jaar wat volg ook ‘n gelukkige een wees!  Gelukkige verjaardag.
  1. Gelukkige verjaardag, (naam).  Daar is nie ‘n beter wens as hierdie een nie…  En daar is nie beter seuns as jy nie!  Geniet jou spesiale dag – jy verdien dit!

  2. Spesiaal vir jou, (naam).  Ek stuur vir jou gelukkige verjaardagwense en baie liefde daarmee saam…  Dit is regtig ‘n plesier om ‘n wonderlike seun soos jy te hê!  Gelukkige verjaardag en alles van die beste.
  1. Aan ‘n goeie seun, (naam).  Ek weet jy hou nie van soetsappige kaartjies nie, daarom beperk ek my sentimentele gedagtes tot ‘n minimum…  G.V.

 

Verjaardag – Dogter

  1. (Naam), ons wense aan ‘n dogter waarvoor ons baie lief is…  ‘n Pragtige dag gevul met gelukkige oomblikke.
  1. Vir jou, (naam), met liefde.  ‘n Spesiale wens vir ‘n gelukkige verjaardag…  Omdat jy so ‘n spesiale dogter is.
  1. Gelukkige verjaardag aan ons wonderlike dogter, (naam).  Elke jaar, elke verjaardag, is ons net meer trots op jou!
  1. Gelukkige verjaardag aan ons dogter, (naam).  Mag jy altyd gesond, suksesvol en ryk wees…  Sodat jy eendag vir ons kan sorg wanneer ons oud is!
  1. Aan ons dogter, (naam), op jou verjaardag.  Ons het altyd ons bes probeer – gespaar, probeer om jou te leer wat reg en wat verkeerd is, het jou goed versorg wanneer jy siek was, het hard gewerk.  Ons het dit alles met liefde gedoen, omdat jy so ‘n wonderlike dogter is!
  1. Aan ons dogter, (naam).  Dit is jou verjaardag, so gaan uit en geniet jou dag!  Ek dink net nie ons wil alles weet wat jy gaan doen nie!
  1. Gelukkige verjaardag, (naam)!  Jy is ‘n dogter waarop enige ouer kan trots wees.  Selfs ouers met onredelike hoë verwagtinge soos ons!
  1. Gelukkige verjaardag, (naam).  Jy is baie kosbaar.  Ja, ja, ons weet…  “Wat die oog nie sien nie, treur die hart nie oor nie.”
  1. (Naam), hierdie verjaardagkaartjie is van jou ouers om jou ‘n perfekte dag en jaar toe te wens…  En dat jou hare elke dag sal reg lê!
  1. Gelukkige verjaardag aan (naam), ‘n dogter wat ‘n aanwins is vir ons familie!  En jy weet hoe moeilik dit is om ‘n kompliment in hierdie familie te kry!
  1. Gelukkige verjaardag aan ‘n baie spesiale dogter.  (Naam), die grootste voordeel van familie wees van jou is…  om familie te wees van jou!
  1. Gelukkige verjaardag aan ons lieflike dogter.  (Naam), Dit voel soos gister wat jy nog alles waarmee jy besig was oral in die huis laat rondlê het…  Nou dat ek daaraan dink, dit was net gister!
  1. Gelukkige verjaardag aan (naam).  As die woord “dogter” gelukkigheid beteken, hoe kan ek begin om al die gelukkige tye te tel?  Met elke herinnering wat ons gedeel het oor die jare, as een glimlag eindig begin die volgende een.  Daarom wil ek vir jou ‘n verjaardagwens gee wat nog ‘n glimlag vir jou sal bring.

  2. ‘n Verjaardagwens vir (naam).  Daar is net een jy in die hele wêreld – een unieke persoon met jou spesiale eienskappe.  Mag jy altyd jou hart volg met die wete dat die mense wat jou liefhet en in jou glo altyd net die beste vir ‘n wonderlike dogter soos jy wil hê.  Gelukkige verjaardag.
  1. Met liefde aan my dogter (naam).  Jou verjaardag is net een dag in die jaar, maar ek is elke dag trots daarop om ‘n dogter soos jy te hê.  Gelukkige verjaardag.
  1. Aan ‘n dierbare dogter, (naam).  Net drie klein woordjies om jou te laat weet dat ons lief is vir jou.  Baie, baie baie gelukkige verjaardag!
  1. Gelukkige verjaardag aan ‘n dierbare dogter, (naam).  Ons is baie trots op jou oor alles wat jy bereik het.  Met liefde vir die spesiale persoon wat jy altyd sal bly.
  1. ‘n Spesiale wens vir ‘n dierbare dogter, (naam).  Op jou verjaardag, sal die son bietjie helderder skyn, die windjie sal bietjie koeler wees en jou dag sal werklik perfek wees…  Dit is ons wens vir jou.  Hoop jy het ‘n wonderlike dag!
  1. ‘n Liefdevolle verjaardagwens vir ‘n dierbare dogter, (naam).  Ons dink aan jou met beste wense…  Omdat dit jou verjaardag is, omdat ons lief is vir jou en omdat jy so vreeslik spesiaal is!
  1. Gelukkige verjaardag aan ‘n dierbare dogter, (naam)…  Jy lyk redelik goed!  Maar nou ja, jy sou goed gelyk het selfs al was ons nie familie nie!
  1. (Naam), baie dogters het, styl, selfstandigheid en goeie persoonlikheid…  Maar jy het styl, selfstandigheid, goeie persoonlikheid en ‘n verjaardagkaartjie wat dit bevestig!  Gelukkige verjaardag.
  1. Aan ‘n spesiale dogter.  Gelukkige verjaardag, (naam).  Die een na wie almal in die familie verwys met trots.  Ons is miskien nie altyd so gaaf nie, maar ons weet van wie ons hou!  Gelukkige verjaardag.
  1. Jy is ‘n spesiale dogter, (naam).  Van kleintyd af het dogters ‘n spesiale manier om almal rondom hulle baie gelukkiger te maak…  En, liefling, dit is ‘n feit van die lewe wat veral waar is wanneer ‘n klein dogtertjie groot word en so wonderlik is soos jy!  Gelukkige verjaardag.
  1. Verjaardagwense aan ‘n dierbare dogter, (naam).  Watter drome jy ook al droom, mag hulle almal waar word, watter planne jy ook al beraam, mag hulle almal uitwerk…  En mag jy meer geluk hê as wat woorde kan beskryf.  Nie net op jou verjaardag nie maar elke dag van die hele jaar wat volg!
  1. Aan ‘n dierbare dogter, (naam).  Net soos wat daar geen manier is om die geluk te beskryf wat jy ons bring nie, so is daar geen woorde wat kan beskryf hoe spesiaal jy is nie en hoe lief ons jou werklik het nie.  Gelukkige verjaardag.
  2. Aan ‘n spesiale dogter, (naam).  Mag jy altyd iets hê om voor te wens…  en mag jy altyd ‘n wens hê wat bewaarheid word!  Gelukkige verjaardag.
  1. Gelukkige verjaardag, (naam), ‘n dierbare dogter.  Net ‘n klein verjaardagwens om vir jou te sê hoe spesiaal jy is en dat jy ‘n wonderlike dag verdien!
  1. (Naam), jy is ‘n spesiale dogter wat elke ouer se hart begeer.  Daarom is ons so bly dat jy ons dogter is!  Gelukkige verjaardag.

 

Verjaardag – Kleinkinders

  1. Gelukkige verjaardag aan my kleinkind, (naam).  Dis nuut!  Dis anders!  Voeg net water by hierdie kaartjie!  En dan het jy ‘n nat kaartjie wat sê Gelukkige verjaardag!
  1. Gelukkige verjaardag aan (naam).  ‘n Wonderlike kleinkind in alle opsigte! 
  1. Dis jou verjaardag, (naam).  ‘n Kleinkind soos jy is té spesiaal om net ‘n kaartjie te kry…  So, jy kry ‘n koevert ook!  Gelukkige verjaardag.
  1. Dis jou verjaardag, (naam).  Hoop jou verjaardag is wonderlik, fantasties, uitmuntend - miskien nog beter as dit!  Gelukkige verjaardag.
  1. Gelukkige verjaardag aan (naam), ‘n wonderlike kleinkind.  Ons wens jou eerstens ‘n gelukkige verjaardag en dan ‘n jaar waarin alles vir jou positief sal wees!
  1. Gelukkige verjaardag, (naam)!  Hierdie is ‘n ekstra spesiale wens, en dis vir ‘n ekstra spesiale kleinkind!
  1. (Naam), hoe wens ons ‘n spesiale kleinkind soos jy ‘n gelukkige verjaardag toe?  Gelukkige verjaardag, fantastiese kleinkind!  Dis hoe.
  1. Gelukkige verjaardag aan ‘n wonderlike kleinkind.  (Naam), ons het gehoor dis jou verjaardag.  Cool!
  1. (Naam), onthou op jou verjaardag – om altyd trots te wees.  Want jy is ‘n kleinkind wat baie spesiaal is!  Gelukkige verjaardag met liefde.
  1. (Naam), jy is ‘n wonderlike kleinkind!  Ons wens jou ‘n super fantastiese verjaardag!  En ‘n super-duper jaar!  Gelukkige verjaardag met liefde.
  1. Omdat jy ‘n spesiale kleinkind is, (naam), en omdat jy altyd vol liefde en drukkies is, wens ons jou ‘n heerlike verjaardag toe.
  1. Hier is ‘n oulike verjaardagwens vir (naam)…  Omdat jy so oulik is!  Gelukkige verjaardag met hope drukkies net vir jou!
  1. Vir ‘n oulike kleinkind, (naam), op jou verjaardag.  Jy is spesiaal en oulik van kop tot tone, maak nie saak watter klere jy aan het nie!  Gelukkige verjaardag, liefling!
  1. Met liefde op jou verjaardag, (naam).  Ons hoop jou verjaardag is gevul met vreugde en mooi geskenke ook…  Want dit is hoe dit moet wees vir ‘n oulike kleinkind soos jy!
  1. Gelukkige verjaardag aan (naam), ‘n fantastiese kleinkind.  Ek is seker jy kon nie wag vir jou verjaardag om aan te breek nie.  Ek hoop jy het meer pret as ooit en dat die hele jaar gevul sal wees met ekstra spesiale tye!

  2. Jy is ‘n oulike kleinkind, (naam).  ‘n Verjaardagwens met hope soentjies en drukkies…  Vir ‘n skattige kleinkind – Jy!  Gelukkige verjaardag.
  1. Aan ‘n spesiale kleinkind, (naam).  Hallo verjaardagseun/dogter, dis tyd om pret te hê…  En jy is so oulik, jou dag moet ekstra spesiaal wees!  Gelukkige verjaardag.
  1. Aan ‘n dierbare kleinkind, (naam).  Hierdie verjaardagkaartjie is baie spesiaal en die rede is voor die hand liggend…  Dit is vir ‘n klein seuntjie/dogtertjie wat so oulik is as kan kom!  Gelukkige verjaardag.
  1. Dis jou verjaardag, (naam), en hier is ‘n lys redes hoekom ek bly is jy is my kleinkind.  1.  Ek is lief vir jou.  2.  Jy is lief vir my!  Gelukkige verjaardag.
  1. Aan my kleinseun/dogter, (naam), op jou verjaardag.  Ek hoop nie hierdie kaartjie is te swaar om deur die pos te gaan nie.  Want dit is gevul met tonne liefde!
  1. Gelukkige verjaardag aan my kleinseun/dogter, (naam).  Ek wil graag van jou iemand baie spesiaal maak…  Maar jy is alreeds baie spesiaal!
  1. Jy is ‘n baie spesiale kleinseun/dogter, (naam).  Jou verjaardag is ‘n spesiale dag – ‘n dag wat net jy saak maak.  ‘n Tyd om alles te doen waarvan jy hou…  En hierdie dag wat aan jou behoort, die wense wat hierdie kaartjie bring, is al die geluk wat jy verdien en alles wat mooi is in die lewe!  Gelukkige verjaardag.
  1. ‘n Liefdevolle verjaardagwens vir ‘n dierbare kleinseun/dogter, (naam).  Ons wens jou ‘n wonderlike dag, ‘n fantastiese jaar vorentoe en alles wat jou hartjie begeer!
  1. Gelukkige verjaardag aan ‘n dierbare kleinseun/dogter, (naam).  Jy het seker nog nie agtergekom watter verskil jy in ander se lewens maak nie.  Ek hoop al die geluk wat jy bring kom reguit terug na jou toe, met jou verjaardag en elke dag.
  1. ‘n Liefdevolle verjaardagwens vir ‘n dierbare kleinseun/dogter, (naam).  Ons hoop jy geniet jou verjaardag.  Ons wens jou ‘n gelukkige dag, ‘n gelukkige hart en ‘n super gelukkige jaar toe!
  1. Gelukkige verjaardag aan ‘n dierbare kleinseun/dogter, (naam).  Met wense vir geluk spesiaal vir jou, nie net op jou verjaardag nie maar die hele jaar deur!
  1. Aan ‘n spesiale kleinseun/dogter, (naam).  ‘n “Gelukkige verjaardag” diep uit my hart…  Want dit is waar alle goeie wense vandaan kom!
  1. Gelukkige verjaardag, (naam).  ‘n Verjaardagdrukkie en goeie wense…  Vir ‘n dierbare kleinseun/dogter vir wie ons baie lief is – JY!
  1. Gelukkige verjaardag, (naam).  Om lief te wees vir ‘n kleinkind soos jy…  Is ‘n baie maklike taak!

  2. Jy is ‘n dierbare kleinseun/dogter,  wat ouliker is as oulik, dierbaarder as dierbaar…  Ons is lief vir jou op jou verjaardag en elke dag van die jaar.  Gelukkige verjaardag (naam).
  1. Aan ‘n spesiale kleinkind, (naam).  Wens jou alles van die beste…  Ons hoop jy het ‘n wonderlike verjaardag en jaar!
  1. (Naam), ‘n spesiale wens vir ‘n dierbare kleinseun/dogter.  Ons hoop jou verjaardag bring vir jou 24 uur van wonderlike dinge, goeie vriende en alles wat die dag sal ophelder.
  1. (Naam), jy is ‘n spesiale kleinseun/dogter.  Daarom wil ons saam met jou hierdie spesiale dag vier.  Gelukkige verjaardag!
  1. Aan ‘n dierbare kleinseun/dogter, (naam).  Agter elke gelukkige verjaardag…  is daar ‘n wonder like persoon.  Baie geluk met jou verjaardag!
  1. Jy is ‘n spesiale kleinkind, (naam)!  Mag jou verjaardag en elke dag wat volg gevul wees met geluk en liefde!
  1. Gelukkige verjaardag aan ‘n spesiale kleinseun/dogter, (naam).  Ons dink aan jou op jou verjaardag.  Mag dit ‘n vreugdevolle dag wees!

 

Verjaardag – Iemand spesiaal

  1. (Naam), “gelukkig” is die woord.  Vandag is die dag.  Ek hoop jou verjaardag is vol pret en plesier!
  1. Verjaardagadvies aan (naam).  Doen aan jouself wat jy met soveel vreugde aan ander doen.  En mag jou dag die gelukkigste ooit wees.
  1. Vandag, (naam), neem tyd om alleen te wees en te dink hoe ‘n wonderlike persoon jy is!  En gaan sny dan vir jouself ‘n vet stuk koek.  Baie, baie gelukkige verjaardag.
  1. (Naam), vandag is jou verjaardag en ek wens jou ‘n wonderlike dag toe.  Dit sal die een goeie ding na die ander wees!  Hoop jy het ‘n wonderlike verjaardag!
  1. (Naam), met elke verjaardag gee die lewe aan jou ‘n skoon blaadjie.  Ek hoop jy teken heel jaar laggende gesiggies op joune.  Baie, baie gelukkige verjaardag.
  1. Dit het jou lank geneem, (naam), om te kom tot waar jy vandag is.  Ek hoop jy het ‘n “nuwe begin” jaar!
  1. Dis jou verjaardag, (naam)!  Wees altyd gelukkig en opgewek!
  1. Wens ‘n wens, (naam)…  Dis jou dag om ‘n bietjie te droom!  Mag jy ‘n wonderlike verjaardag hê.
  1. Gelukkige verjaardag, mag dit ‘n verjaardag wees waar jou wonderlike lewe waarlik gevier word.
  1. (Naam), jy is ‘n geskenk aan die wêreld!  En vandag is ‘n dag om jou te vier!  Hoop jy het ‘n vreugdevolle verjaardag.
  1. (Naam), klim tot by die hoogste punt van jou drome…  En kyk terug oor ‘n jaar gevul met baie opwindende moontlikhede!  Gelukkige verjaardag.
  1. (Naam), ek hoop jou verjaardag is so vreugdevol en wonderlik soos jy!
  1. (Naam), jy het hoë berge geklim oor die afgelope jaar…  Jou verjaardag is die geleentheid om terug te sit en die uitsig te waardeer!
  1. (Naam), wanneer ek vir jou ‘n verjaardagkaartjie wil koop, vang ek myself gedurig met ‘n ‘Dankie’ kaartjie in die hand…  Ek is so dankbaar om jou in my lewe te hê!
  1. (Naam), ek hoop jou verjaardag is iets uit ‘n ander wêreld!
  1. Hey, (naam)…  Ek wil jou net ‘n gelukkige verjaardag toewens!

  2. Ek onthou jou verjaardag, (naam), op dieselfde manier as wat ek al die wonderlike tye saam met jou onthou.  Gelukkige verjaardag.
  1. Dis jou verjaardag, (naam), geniet elke minuut daarvan!  Ek hoop jy het 24 uur van pure pret!
  1. Op jou verjaardag, hoop ek sommer ‘n klomp wonderlike dinge gebeur met jou!
  1. ‘n Verjaardagwens vir jou, (naam).  Mag jou dag verjaardag-pragtig wees en jou jaar ‘n wens wat bewaarheid word!
  1. Gelukkige verjaardag, (naam).  Wanneer iemand so spesiaal soos jy ‘n verjaardag vier, behoort die hele land dit te vier!
  1. Dis jou dag, (naam).  Gelukkige verjaardag aan ‘n merkwaardige persoon!
  1. Aan (naam), my dierbare vriend/vriendin.  Oor die jare was jy altyd daar vir my wanneer ek ‘n helpende hand nodig gehad het.  Oor die jare was jy altyd daar om my te ondersteun, na my te luister en te verstaan…  Oor die jare het ons soveel gedeel – al die vreugde en trane wat die tyd bring.  Oor die jare het ek ons vriendskap gekoester as een van die lewe se mees spesiale dinge.  Gelukkige verjaardag.
  1. Jy’s vir my baie spesiaal, (naam).  Ek kan nie die tye tel wat ek oor die afgelope jaar gedink het hoe spesiaal en opreg jy is nie…  En wanneer dit jou verjaardag is, gee dit my geleentheid om jou bo aan die lys te sit van die lewe se aangenaamste dingetjies!  Gelukkige verjaardag.
  1. Gelukkige verjaardag, (naam)!  Jy is pret, fantasties, wonderlik, ekstra spesiaal, super sensasioneel…  En nog baie meer!
  1. Gelukkige verjaardag, (naam)!  Wens ‘n wens.  Blaas kersies dood, Onthou:  Nie ouer nie, maar beter.  Vergryp jou aan jou gunsteling poeding.  Geniet die samesyn van vriende.  Bewaar snaakse herinneringe.  Wees verskriklik gelukkig.  Erken dat vandag spesiaal is…  Net omdat jy spesiaal is.
  1. Gelukkige verjaardag.  Dit is vir my ‘n plesier om jou ‘n gelukkige verjaardag toe te wens, ‘n jaar van goeie gesondheid, vreugde en al die ander goeie dinge.
  1. Op jou verjaardag, (naam).  Jy is iemand baie spesiaal, en dit is hoekom dit vir my so ‘n plesier is om jou ‘n gelukkige verjaardag en jaar toe te wens.
  1. ‘n Baie spesiale verjaardagwens vir jou, (naam).  Die wêreld is so gejaag dat ons dikwels vind dat ons nie die dinge noem wat altyd in ons gedagtes opkom nie – Dit is waarom hierdie dag die perfekte geleentheid is om iemand spesiaal soos jy al die goeie dinge toe te wens wat die lewe jou bied.

  2. Gelukkige verjaardag, (naam).  Jy is te spesiaal om te vergeet.  Jy het ‘n manier om ekstra bedagsaam te wees daarom is jou verjaardag te spesiaal om te vergeet!  Met die innigste gedagtes en ‘n wens vir ‘n baie gelukkige verjaardag.
  1. (Naam), die lewe is ‘n fees…  En jou verjaardag is die perfekte tyd om JOU te vier!  Gelukkige verjaardag.
  1. Omdat dit jou verjaardag is, (naam), en omdat jy so spesiaal is…  Mag vandag en al die dae hierna gevul wees met vreugde!
  1. Spesiaal vir jou op jou verjaardag.  Jy is so spesiaal dat enige wens aan jou dieselfde as hierdie een moet wees – Opreg en ekstra spesiaal.
  1. Drie verjaardagwense vir jou, (naam).  Een wens vir ‘n sonnige dag, een wens vir ‘n jaar gevul met vreugde en een wens vir ‘n wonderlike toekoms waarin alles perfek uitwerk!  Gelukkige verjaardag.  Gelukkige jaar.  Geluk vir altyd!
  1. Op jou verjaardag, (naam)…  Ek wens jou sonskyn en geluk toe, en ‘n reënboog van drome wat bewaarheid word!
  1. Gelukkige verjaardag, (naam)!  Jy is iemand wat elke dag ophelder!
  1. Dis jou verjaardag, (naam)!  Vandag is jou dag om jou liedjie te sing, jou dans te dans en om meer te wees as wat jy ooit kon droom om te wees…  Ek hoop jy het ‘n fantastiese verjaardag!
  1. Gelukkige verjaardag, (naam)!  Gelukkige – jy weet watter dag is vandag!  Gelukkige dag om te sing!  Gelukkige middelpunt van belangstelling dag!  Gelukkige dag om na wilde musiek te luister en jou sokkies deur te dans!  Gelukkige wense dag!  Gelukkige enige ding kan gebeur dag!  Gelukkige dag om die wonder van lewe te vier oral waar jy gaan!
  1. (Naam), op jou verjaardag en altyd, mag jy in harmonie wees met die skoonheid en wonders van God se wêreld…  Mag Sy vrede jou omvou vir die res van jou lewe.  Gelukkige verjaardag.
  1. (Naam)…  Die voorbeeld van jou lewe is so inspirerend vir my, net op die manier hoe jy elke dag in vrede en harmonie lewe.  Mag jou verjaardag en die jaar vorentoe ryk wees aan seëninge.
  1. (Naam), ek hoop jy is voorbereid…  Vir jou gelukkigste verjaardag ooit!
  1. (Naam), mag jou verjaardag so opgewek wees soos ‘n lied…  En mag jou hart gelukkig wees vir die res van die jaar!
  1. Jy is ‘n baie spesiale man/vrou, (naam).  Mag al die warmte en liefde wat jy aan almal se lewens bring, en al die vreugde wat jy help skep deur jou omgee, vandag aan jou teruggegee word om aan jou te wys hoe lief almal vir jou is!  Gelukkige verjaardag!

  2. Op jou verjaardag, (naam).  Mag jy geseën word met ‘n vredevolle innerlike, ‘n liefdevolle hart en skoonheid van binne, soos die wat jou ken geseën word deur jou te ken!  Gelukkige verjaardag!
  1. (Naam), veronderstel dit is heel jaar jou verjaardag – vul jou dae met liefde en vreugde – neem tyd om jou seëninge te tel, en vier jou wonderlike self elke dag!  Gelukkige verjaardag.
  1. (Naam), mag jy geseën word met ‘n perfekte verjaardag wêreld, waar jy gewaardeer kan voel, ontdek iets wonderlik elke dag, en ontdek al jou wense wat bewaarheid word!  Mag dit jou wonderlikste verjaardag ooit wees!
  1. Gelukkige verjaardag aan (naam)…  Die oulikste persoon wat ek ken!
  1. Mag jy geseën wees op jou verjaardag, (naam).  Ek wens jou avonture in jou middag, vrede in jou aand en engeltjies op jou kussing.  Gelukkige verjaardag.
  1. Gelukkige verjaardag, (naam)!  Seënwense op jou verjaardagoggend en verjaardagaand onder jou verjaardagmaan!  Ek hoop dat spesiale wense die heeldag by jou sal wees om vir jou vreugde, vrede en liefde te bring!
  1. (Naam), ek wens jou ‘n gelukkige en sonnige dag en jaar toe!
  1. Gelukkige verjaardag, (naam)!  Jou pragtige geaardheid en liefde vir die lewe is vir my ‘n inspirasie en vul my dae met vreugde.  Wat ‘n wonderlike persoon is jy nie?  Ek wens jou ‘n dag so pragtig en vol vreugde soos jy!
  1. Gelukkige verjaardag, (naam)!  Mag jou verjaardag ‘n tyd van skoonheid, ‘n tyd van vreugde en ‘n tyd van vieringe van ‘n unieke en spesiale persoon wees!  Jy!
  1. (Naam), ek het ‘n tuin vol verjaardagwense vir ‘n dag wat blom van vreugde.  Gelukkige verjaardag.
  1. (Naam), ek wens jou ‘n verjaardag gevul met sonnige oomblikke, en ‘n jaar gevul met meer van dieselfde oomblikke!

   Verjaardag – Kort en snaaks

  1. Op jou verjaardag, (naam), onthou…  Dit gaan nie oor ouderdom nie.  Dit gaan alles oor houding!

  2. (Naam), dis moeilik om volwasse te wees op jou ouderdom…  So kom ons vergeet daarvan en hou aan om jonk te wees.  Gelukkige verjaardag.

  3. Wel, nou het jy dit gedoen, (naam)!  Jy het nog ‘n jaar ouer geword sonder om ouer te lyk!

  4. (Naam), hierdie verjaardagkaartjie bewys dat herwonne materiale net sulke goeie kwaliteit is as nuwes.  Ek bedoel, jy sou nooit geraai het dat jy gebruikte toiletpapier vashou nie, sou jy?

  5. (Naam), hierdie omgewingsvriendelike verjaardagkaartjie is gedruk op herwonne papier en het meer as een doel.  Dit is ook jou geskenk!  Geniet dit!

  6. (Naam), is dit alweer jou verjaardag?  Kry maar nog ‘n stuk koek!

  7. (Naam), watter klein luukshede jy ookal wil hê, kry dit vandag!  Jy moet ‘n heerlik dag hê.

  8. (Naam), nagereg is ‘n baie belangrike deel van ‘n gebalanseerde diet.  Lank lewe verjaardagkoek!  Gelukkige verjaardag.
  9. Dis jou verjaardag, (naam)…  Geniet dit!

  10. (Naam), dit is die herdenking van die dag waarop jy gebore is…  Gelukkige “wens-wens-en-blaas-die-kersies-dood- dag!

  11. (Naam), wens ‘n wens en blaas die kersies dood!  Jy weet – die normale roetine!

  12. Ter herdenking van jou verjaardag (naam) – is ek bereid om ‘n groot opoffering te maak…  As jy wil uitgaan en partytjie hou, sal ek jou rondry.

  13. Onthou die volgende, (naam):  Die pessimis sê, “Die glas is half leeg.”  Die optimis sê, “Die glas is half vol.”  Ek sê, “Dis bier, sluk dit net en kry klaar!”  Gelukkige verjaardag.

  14. (Naam), moenie vergeet dat matigheid die sleutel is tot…  ‘n Baie vervelige verjaardag.  Gaan voort – geniet dit!

  15. Hey, (naam) – dis jou verjaardag?  Myne ook!  Net op ‘n ander dag.

  16. Dis jou verjaardag, (naam)!  Geniet jouself soos ‘n hond teen ‘n kuiergas se been!

  17. (Naam), die kat is uit die sak…  Jy is OUD!

  18. (Naam), na ‘n paar jaar word jou verjaardag soos ‘n rondloper kat…  Vreeslik irriterend.

  19. (Naam), nog ‘n verjaardag?  Ek hoop jy geniet dit terdeë!

  20. (Naam), nog ‘n verjaardag?  Wanneer gaan jy nou “bungee jump”?

  21. Nog ‘n verjaardag, (naam)?  Dis genoeg om jou hare te laat regop staan!

  22. Nog ‘n verjaardag, (naam)?  Ha!  Ha!  Ha!  Ek sal altyd jonger wees as jy!

  23. Hey, (naam)!  Is dit nou die jaar wat ons kan marshmallows braai met die kersies op die koek?

  24. Nog ‘n verjaardag…  Geniet dit!

  25. Op jou verjaardag, (naam), onthou…  Daar is nie so iets soos te veel pret nie!

  26. Nog ‘n verjaardag, (naam)?  Eerder joune as myne!

  27. (Naam), ek het vir jou iets baie oulik gekry vir jou verjaardag…  Ek kan nie wag om dit by jou te leen nie!

  28. Onthou, (naam), vriende is beter as al die rykdom in die wêreld!  Onthou net om te deel wanneer jy ryk word.  O, en gelukkige verjaardag!

  29. (Naam), ter herdenking van jou verjaardag wil my hond graag sy filosofie met jou deel aangaande oud word…  “Dis beter as om reggemaak te word!”

  30. (Naam), hier is ‘n klein ietsie om jou beursie dikker te maak…  Vou hierdie kaartjie dubbel en sit dit daarin!  Gelukkige verjaardag, (naam)!

  31. (Naam), jy verdien meer as net ‘n kaartjie op jou verjaardag.  Ek hoop iemand het darem vir jou ‘n geskenk gekoop!

  32. Gelukkige verjaardag aan (naam), van twee mense wat dink jy is die beste!  Maar dan, ons is een van daardie irriterende oulike paartjies wat saamstem oor alles omdat al wat ons wil doen is om mekaar gelukkige te maak!

  33. (Naam), ons altwee wil jou net graag ‘n gelukkige verjaardag toewens.  Dit was goedkoper om een kaartjie van ons albei te gee!
  34. Nog ‘n verjaardag, (naam)?  In honde jare sou jy nou lankal nie meer hier gewees het nie!

  35. Om ‘n gelukkige verjaardag te hê, (naam), het jy net liefde nodig…  Jy moet aantreklik wees en baie geld ook hê!

  36. (Naam), ek wil hê jou verjaardag moet fantasties wees!  Ja, daar is baie ander dinge wat ek wil hê maar kom ons gun jou ook bietjie iets!

  37. Op jou verjaardag, (naam), tel jou seëninge, NIE die kersies op die koek nie…  Die mense wil nie heeldag staan en wag vir ‘n stukkie koek nie!  Gelukkige verjaardag.

  38. Gelukkige verjaardag, (naam)!  Dis jou spesiale dag, wanneer al jou geliefdes bymekaar kom om vir jou drie woordjies te sê…  Die koek brand!  Die koek brand!

  39. Gelukkige verjaardag, (naam)!  Is jy gereed vir jou verjaardag sop?  Eintlik WAS dit ‘n roomyskoek maar toe al die kersies eers aangesteek is…

  40. Dit moet jou verjaardag wees, (naam)…  Jy het daardie “versiersuiker” kyk in jou oë!

  41. Vir alles wat jy doen, (naam)…  Is hierdie kaartjie spesiaal vir jou!  Gelukkige verjaardag!

  42. (Naam), gelukkige verjaardag…  Jou wilde ding!!!