|
NUUSBRIEF VAN DIE AFRIKAANSE NUUSAGENTSKAP FEBRUARIE 2009 “Jy moet jou plig ken, want as al jou weke en sieklike gevoelens jou plat trek, dan moet die wêreld nog voortgaan. Die wêreld gaan hard en taai sy gang. Alleen mense wat nie skrik nie, kan op die platte van hulle voete bly staan al tref die swaarste rampe hulle ook.” CM van den Heever LAAT VRUGTE (1939) bladsy 124. Dit is om sulke juwele soos hierbo dat ons bestaan, en ook om die toekomstige sodanige juwele bymekaar te maak en te publiseer. Franz Conradie se boeke is nou reeds op die werf. Ons dink iemand wat hierdie boeke nie lees nie kan dalk iets uitstaande mis. Van die nuwe manuskripte tans onder oorweging skyn uitstaande te wees. Ons kan met vrymoedigheid beweer dat ons die proses om nuwe skrywers te publiseer suksesvol aan die gang gekry het. Al wat nou kortkom is dat die boeke gekoop word! Die beloofde bewoordings vir die kaartjies waarna in die vorige nuusbrief verwys word sal ook eersdaags op die werf aangebring word. Wil u nie ook asseblief ander motiveer om kaartjies te koop sodat ons die hoë kwaliteit kaartjies namens hulle kan pos nie? Ons soek nog steeds na die volgende boeke: 1. Die stryd om die Goudskip deur Willy van der Heide Indien wêreldomstandighede in ag geneem word laat dit CM van den Heever in dieselfde boek, soos bo genoem op bladsy 191, die kleed van ‘n profeet omhang! “Skuld werk stadig maar seker; soos ‘n skroef draai dit jou al vaster. Jy leen hier en leen daar om ou bedrae af te betaal; telkens word die rente hoër en groei die skuldlas aan. Tot die stram tou breek en jy daaronder lê.” Vat so Mnr. Obama! Baie groete Willem Smit Besoek gerus ons webwerf by www.afrikaansenuusagentskap.co.za |