Nuusbrief van die Afrikaanse Nuusagentskap                                 Januarie 2008.

‘n Voorspoedige 2009 aan elkeen van u!

Dis darem snaaks dat die volgende waar bly, naamlik: “ Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde”.

Hier volg Generaal Hertzog se Nuwejaarsboodskap in die Vaderland op 1 Januarie 1932:

“…Vergun my om deur middel van u blad op hierdie laaste dag van een van die mees kommervolle jare in die geskiedenis van die mensdom ons jeugdige Afrikanervolk

‘n Geseënde Nuwejaar

toe te roep.

Die sorg en angs wat vandag omrede van die wêrelddepressie die harte vervul van so baie van ons, en veral van ons boerebevolking, kan nie anders nie as om ons wat belas staan met die toesig oor die welsyn van ons volk, diep te tref en met kommer te vervul. ……”

Baie dankie vir die groot aantal manuskripte wat ons ontvang het. Dit sal mettertyd op die werf ingewerk word.

Die volgende nuwe werke is reeds op die werf en die onus is nou op ons om te bepaal of die skrywers sukses gaan behaal of nie. Hulle sal ook u kommentaar op hulle werk waardeer.

1. Annemie deur Kobie Coetzee
2. Mirresyne vir jou siel! deur Eunice van der Merwe
3. Weeskinders deur Franz Conradie (einde Januarie beskikbaar)
4. Vaalpens en Rooibaadjie deur Franz Conradie (einde Januarie beskikbaar)
5. Werda en die laaste veldslag deur Franz Conradie (einde Januarie beskikbaar)
6. Die rotsvy groei deur Franz Conradie (einde Januarie beskikbaar)
7. Prinses van die Rooiberge deur Franz Conradie (einde Januarie beskikbaar)
8. Ken ons sterre deur Franz Conradie (e-boek formaat sal nie betyds gereed wees vir einde Januarie nie. Kyk uit daarvoor in Februarie!)

Die volgende innovasie is dat daar binnekort ook vooraf opgestelde bewoordings vir die kaartjies beskikbaar sal wees. U sal dus voortaan die kaartjie èn die bewoording kan kies waarna ons dit aan u genomineerde persoon sal pos. Ons vertrou dat dit vir u aanneemlik sal wees. Hierdie proses sal gedurende die maand afgehandel wees. U sal dus gereeld moet kyk daarvoor.

Ons soek nog na die volgende boeke en sal dit waardeer as u dit wil verkoop. Laat weet ons asseblief indien dit vir u moontlik is.

1. Op pad in Suid-Afrika deur BJB Erasmus
2. Die stryd om die Goudskip deur Willy van der Heide
3. SA Geslagsregisters deur Heese en Lombard
4. Afrikaans Verklarende Musiekwoordeboek deur ME van Blerk
5. Omnibusse 1 tot 7 deur Sarah Du Pisanie
6. Danie Smuts se Boererate
7. Fiksheid vir almal
8. Boodskap van Hoop deur Ds. Andrè van den Berg
9. Snuiterkuif en Niksie
10. Brolloks en Bittergal deur C.J. Langenhoven
11. Goeie manier en etiket deur Emsie Schoeman
12. Doelgerigte lewe deur Darren Warrick

Baie groete

Willem Smit

Besoek gerus ons webwerf by www.afrikaansenuusagentskap.co.za



--
As jy glad nie meer nuusbriewe wil ontvang nie, Hierdie skakel

Om jy jou inligting te verander en/of om af te teken besoek Hierdie skakel

Stuur hierdie boodskap aan na iemand andersHierdie skakel

powered by phplist v 2.10.5, © tincan ltd