|

|
Nuusbrief
van die Afrikaanse Nuusagentskap Desember
2008. |
Die jaar is verby en al wat oorbly is om u almal ‘n Geseënde Kersfees
toe te wens.
Ons wens is dat u in hierdie die tyd die waardes wat u uitleef
opnuut sal ontdek, daarmee sal hervul en dan die Nuwe Jaar daarmee
sal aanpak.
Ons deel daarby die volgende met u aangesien dit ’n verdere onderliggende
saak is wat ons maatskappy motiveer. Dit is deur Langenhoven geskryf
by die oorlye van Generaal de Wet. (Miskien moet mens die hele
stuk gaan lees.)
De Wet se pad het doodgeloop. Maar waar sy spore staan
Kan vriend aan vyand wys: Hier het de Wet gegaan.
Vóór hom was altyd ruie veld, maar agteraan
Lê duidelik ‘n skoongetrapte baan.
‘n Skoffie van die pad wat nooit sal doodloop nie
Solank as die de Wets hom trap wat nooit wanhoop nie
Die pad van liefde vir ‘n volk gepla,
Die pad waar, sonder loon, sy kinders kruise dra,
En nooit nie moed’loos word, en nimmer, nimmer kla –
Die pad van helde van Suid-Afrika.
Rus, ons ons held!
Jou sware weg
is afgeleg.
God troos
Jou eggenote en jou kroos;
Hy stel jou as ‘n voorbeeld op ons weg
Na vryheid en na reg;
Hy help jou nasie verder deur die ruie veld;
Hy skenk jou rus, ons held!
Tot ons DV weer volgende jaar met u praat
Groete,
Willem Smit
Besoek gerus ons webwerf
by www.afrikaansenuusagentskap.co.za |