|
Hierdie jaar het vinnig verby geskiet. ‘n Mens kan met reg beweer dat die hoeveelheid werk wat nog gedoen moet word blykbaar meer is as die tyd beskikbaar om dit af te handel. Hierdie nuusbrief staan in die teken van gehalte. Die vraag is of die Afrikaanse Nuusagentskap produkte van gehalte aflewer. Wil u nie asseblief vir ons terugvoer op die volgende paar vrae verskaf nie? o Is die prys van ons kaartjies reg? Ons beywer ons daarvoor om aan jong skrywers ‘n platform te gee. Ons is dus uiters jammer dat die nuwe manuskripte wat ontvang is nie vinnig genoeg gehanteer is nie. Die probleem is nou reg gestel. Ons ondervind ‘n ernstige tekort aan manuskripte vir die jeug en jonger kinders. Wil u nie asseblief u hand daaraan waag nie? Ons soek nog steeds na die volgende boeke: 1. Op pad in Suid-Afrika deur BJB Erasmus Neem asseblief kennis dat dit by u gekoop sal word. 'n Beperkte hoeveelheid van die H.S. van Blerk gedenkbundel is nog in duursame leer of hardeband beskikbaar. Besoek gerus ons webwerf vir nadere inligting. Ons kan met vrymoedigheid sê dat Langenhoven se spreuke op ons van toepassing is! Langenhovensspreuke nommer 271 en 272: “As jy in ‘n nuwe plek ‘n besigheid opsit, pasop vir die eerste klante wat oormekaar val om jou te ondersteun. Hulle het self meer ondersteuning nodig as jy. Dat hulle gereed is om jou te vertrou sonder om jou te ken, wys dat hulle niks het om te verloor nie”. As u nou met ons besigheid doen val u nie in bogenoemde kategorie
nie! Groete, Besoek gerus ons webwerf by www.afrikaansenuusagentskap.co.za |