Nuusbrief van die Afrikaanse Nuusagentskap                                 Oktober 2008.

Die jaar begin nou vinnig einde se kant toe staan, dus begin die tyd om kerskaartjies te bestel ook verbygaan. Ons het dit goedgedink om nou vir u ‘n spesiale aanbod op kerskaartjies te gee:

Vir elke 10 kerskaartjies wat u bestel (wat ons namens u aan die persone van u keuse sal pos) sal ons 2 gratis kaartjies ekstra aan uself stuur. Sodanige kaartjies kan u dan self versprei.

Hierdie aanbod behoort persone in die buiteland uiters goed te pas.

Ons is nie seker of ons stelsels vir u in die buiteland verbeter kan word nie. Wil u nie asseblief vir ons terugvoer oor die saak gee nie?

Ons het drie splinternuwe boekaanbiedings vir u!!

Die eerste is die gedenkbundel van kortverhale deur HS van Blerk.

Hierdie bundel bestaan uit die samestelling van 18 van sy beste kortverhale en daar gaan slegs 100 eksemplare in leeromslag wees wat genommer gaan word. Benewens die leergebinde boeke sal daar ook ‘n hoeveelheid hardebandboeke beskikbaar wees.

Die prys vir leergebinde boeke is    R 475.00 per eksemplaar en
Die prys van ‘n hardebandgebinde weergawe is  R 375.00 per boek.

Indien moontlik sal alle boeke deur die skrywer geteken wees.

Die tweede is die Danie Theron trilogie van dieselfde skrywer.

Hierdie trilogie sal na alle waarskynlikheid November beskikbaar wees.

Die derde boek is die opspraakwekkend NUWELAND van Christo Burger van ATLANTA in die VSA.

Hierdie boek van 79 bladsye is opspraakwekkend omdat dit die skrywer se voorstel vir een van die beste “groen” stede van die wêreld binne in Suid-Afrika uitspel. Dit is moontlik dat dit in sommige kringe as kontroversieel beleef kan word.

Die prys van die boek is R 171.40 en dit is ook beskikbaar in ‘n e-boek variasie teen R 85.65.

Ons soek oudergewoonte weer na boeke vir ons kliënte.  Tree asseblief met ons in verbinding indien u ons kan help in hierdie verband.  Die boeke is as volg:

Op pad in Suid-Afrika deur BJB Erasmus
Die Stryd om die Goudskip deur Willy van der Heide
Suid-Afrikaanse Geslagsregisters deur Heese en Lombard
Afrikaans Verklarende Musiekwoordeboek deur ME van Blerk

Uit ‘n toespraak van Langenhoven op 12 April 1921:
Nou as ek politiek kon praat sou ek vanaand die vyand waarsku:” dis nóú jou tyd – daardie skilpad, die Afrikanernasie, is wakker geword uit sy winterslaap; hy het sy kop uitgesteek.”

Groete,
Willem Smit

Besoek gerus ons webwerf by www.afna.co.za


--
As jy glad nie meer nuusbriewe wil ontvang nie, Hierdie skakel

Om jy jou inligting te verander en/of om af te teken besoek Hierdie skakel

Stuur hierdie boodskap aan na iemand andersHierdie skakel

powered by phplist v 2.10.5, © tincan ltd