Nuusbrief van die Afrikaanse Nuusagentskap                                 September 2008.

Die eerste maand van die bestaan van die Afrikaanse Nuusagentskap is verby, daarom is dit nou tyd vir ‘n paar bedankings:

  • Die eerste koper van ‘n kaartjie is Mnr. Van Eyk wie ‘n kaartjie vir sy vrou Elna aangekoop het. Baie dankie dat u dit gedoen het!
  • Elna noem dat die ontvangs van die kaartjie deur die pos baie aangenaam was aangesien sy nie geweet het van die koop nie en reken dat die kaartjie wat ons gepos het van hoë kwaliteit is.
  • Die eerste koper van ‘n boek is Mnr. Wim de Witt en dit was aangenaam om die geesdrif waarmee die eersgeborene ontvang is waar te neem.
  • Die eerste boekklublid is Mnr. Alexander Hatting  Hy is aktief besig om ander aan te spoor om ook lede te word. Baie dankie!
  • Daar is tans ongeveer 25 nuwe manuskripte ontvang vir oorweging. Nuwe werke. As ons besigheid so aanhou om nuwe skrywers te kweek is daar reeds in een van ons doelwitte geslaag!
  • Die webwerf is na ons wete die eerste en enigste webwerf wêreldwyd waar u byvoorbeeld 10 items kan aankoop en na 10 verskillende adresse in die wêreld laat pos! Lukas du Preez van Ontoweb Media het hier uitstekende werk gelewer. Dankie Lukas!

Dit is duidelik dat ons nie almal weet hoe om e-boeke af te laai nie. U kan dit dus oorweeg om gebinde kopieë aan geliefdes as geskenke te laat stuur. Dit is immers die diens wat ons lewer!

Oor ‘n week of so sal ons kerskaartjiereeks beskikbaar wees. U sal ongelukkig reeds die bestelling by middel November moet plaas sodat dit betyds die verskillende bestemmings kan bereik.

Neem asseblief kennis dat u 5 of meer kortverhale kan bestel. Dit sal dan in gebinde formaat aan u (of iemand anders van u keuse) gepos word. Dit sal dan gedoen word teen die boekprys van 'n ENKELE kortverhaal soos op die webwerf aangedui.

Ons soek tans na twee boeke vir kliënte. Indien u dit het en wil verkoop kan u gerus met ons in verbinding tree. Dit is:

Op pad in Suid-Afrika deur BJB Erasmus
Die stryd om die goudskip deur Willy van der Heide

Hier is ons eerste vrystelling van ‘n laserskyf van ‘n nuwe sanger!!!!
Dapper Stap Jy van Jan Scheepers.
Koop dit vandag teen R 79.99 sodat ons hom van die grond af kan kry.

Langenhoven se vertaling uit Die Rubáyát lui as volg:

Die bal trek waar die speler slaan – hy vra
nooit na links of regs of “nee” of “ja”:
Hy wat jou op die baan gegooi het, weet –
Hy weet – Hy weet waarheen Sy spel jou dra.

Besoek gerus ons webwerf by www.afna.co.za

Groete,
Willem Smit

 



--
As jy glad nie meer nuusbriewe wil ontvang nie: Hierdie skakel

Om jou inligting te verander en/of om af te teken besoek: Hierdie skakel

Stuur hierdie boodskap aan na iemand anders: Hierdie skakel

powered by phplist v 2.10.5, © tincan ltd