Nuusbrief Augustus 2008


Ons baba is gebore op 1 Augustus 2008. Mag sy groot spore op die landskap van Afrikaans nalaat!

‘n Mens kan te reg vra hoekom die diens wat die Afrikaanse Nuusagentskap lewer hoegenaamd nodig is.

Ons dink dis nodig vir die uitbreiding van Afrikaans wêreldwyd en om meer liefde vir die taal te kweek.

Dit is egter ook waar dat:

  • Koste bespaar moet word vir die lewering van hoë kwaliteit geleentheidskaartjies.

Ons doen dit dit deur die beslommernis van ry en soek vir kaartjies te elimineer en ook deur die kaartjies namens ons kliënte te pos. Dit bewerkstellig groot besparings.

  • Nuwe jong Afrikaanse skrywers nie altyd maklik tot die mark kan toetree en goeie inkomste kan verdien nie.

Ons los die probleem op deur ‘n winkel te verskaf waar die risiko's vir die skrywer en leser verlaag word. Die leser kry boeke teen bekostigbare pryse en die skrywer hoef nie die risiko van 'n groot oplaag aan te gaan nie.

  • Musiek nie geredelik deur die wêreld beskikbaar is nie. Hier word verwys na Afrikaanse musiek.

Ons oplossing daarvoor is dat die musiekliefhebber dit nou ook bekostigbaar kan koop en op enige plek in die wêreld kan ontvang.

Slegs deur u medewerking en ondersteuning sal hierdie poging slaag.
Begin asseblief om vir uself ‘n kaartjie te bestel en so te vergewis van die kwaliteit. Dan kan u dit sonder vrees by almal wat u ken aanbeveel.

In “Slegte namaaksels” sê Langenhoven:

“Vir die suieling hoef daar niks meer gedoen te word nie as om hom by die bors te bring. As hy dan nie drink nie, sal dit niks help om hom te bid om te drink, of te vloek om te drink, of te straf om te drink nie. Jy kan hom maar begrawe”

Help ons om nie hierdie suieling te begrawe nie.

Afrikaanse groete,
Willem Smit