Nuusbrief van die Afrikaanse Nuusagentskap                                Mei 2009.

Dit het nou gebeur!!!!!!

Uiteindelik het ons tussen die goeie manuskripte wat ons ontvang het ‘n juweel gekry. Dit is ‘n digbundel van Ian Slabber getiteld  DUN YS. Ons dink dat hierdie bundel in die Afrikaanse gedigte omgewing sy merk definitief sal maak.

Daar volg uittreksels uit twee gedigte hierna.

Uit  “sou U”    (volledige gedig)

U wat ‘n kersvlam
die spoed van sonlig gee
sou U die onvolmaaktheid
na eie beeld wou smee
die herderstaf aan sotheid
met ‘n oop hand gee?

Uit  “IK BEN EEN AFRICAANDER

‘n Wêreldburger raak ek gou
Heute Abend schnapps in Bremen
Môremiddag
Sjampanje in Bordeaux.

Al woon ek in New Orleans voel ek daar ook tuis
Op die internet luister ek na RSG
En vertel my vriende in Suid-Afrika
Ek verlang so baie na die huis.

(Die gedig het ses strofes wat gelees moet word)

Hierdie twee gedigte sal op aanvraag volledig gratis aan u gestuur word. Kontak ons gerus daarvoor.

Hierdie is sulke goeie nuus dat ons u nie met meer wil vermoei nie.

Baie groete

Willem Smit

Besoek gerus ons webwerf by www.afrikaansenuusagentskap.co.za



--
As jy glad nie meer nuusbriewe wil ontvang nie, Hierdie skakel

Om jy jou inligting te verander en/of om af te teken besoek Hierdie skakel

Stuur hierdie boodskap aan na iemand andersHierdie skakel

powered by phplist v 2.10.5, © tincan ltd

--
As jy glad nie meer nuusbriewe wil ontvang nie, Hierdie skakel

Om jy jou inligting te verander en/of om af te teken besoek Hierdie skakel

Stuur hierdie boodskap aan na iemand andersHierdie skakel

powered by phplist v 2.10.5, © tincan ltd